| Modulekode | FTP 100 |
| Kwalifikasie | Voorgraads |
| Fakulteit | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
| Module-inhoud | Algemene inleiding en oriëntering tot fisioterapie, PBL-vaardighede en bewysgebaseerde benadering tot fisioterapie. Inleiding tot biomeganika, terminologie, passiewe bewegings, meting van omvang van beweging, kliniese besoeke en pasiënthantering. Kinetika: asse, vlakke, hefbome, effek van swaartekrag op die menslike liggaam. Toegepaste elektrobiomeganika: Inleiding tot straling, hoëfrekwensie, ultraklank, kortgolf-diatermie, laser, ultraviolet, infrarooi straling. Inleiding tot manuele terapie: algemene inleiding tot massering, evaluering van sagte-weefsel, tipes massering, effekte en gebruike, modaliteite, toepassing op menslike liggaam. Menslikebewegingswetenskap: inleiding tot biomeganika, studie van menslike beweging, funksionele evaluering, spiertoetsing, tipes spierwerk, kinematika: analise van beweging, motoriese beheer en postuur, eienskappe van normale beweging. Toegepaste elektrobiomeganika, Inleiding tot mediumfrekwensiestrome, Russiese strome. Pulmonologie. Let wel: Fisioterapie word op ‘n probleemgebaseerde en geïntegreerde wyse aangebied. |
| Modulekrediete | 15.00 |
| Programme |
|
| Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
| Kontaktyd | Gemeenskapsbetrokkenheid, 4 praktiese sessies per week, 1 webgebaseerde periode per week, 3 lesings per week |
| Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
| Departement | Fisioterapie |
| Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App